Skip to navigation Skip to content
  • Home
  • Products
    • Art
    • Art Dolls
    • Bags, Brooches & Others
    • Mixed Media
    • Paintings
      • Abstract Art
      • Prints
    • Paper Clay
    • Paper Mâché
    • Sculptures
    • Wall Plaques
  • Cart
  • Contact Us
  • Home
  • Products
    • Art
    • Art Dolls
    • Bags, Brooches & Others
    • Mixed Media
    • Paintings
      • Abstract Art
      • Prints
    • Paper Clay
    • Paper Mâché
    • Sculptures
    • Wall Plaques
  • Cart
  • Contact Us
  • R0.00 0 items
Home / Afrikaanse verse en Gedigte

Category: Afrikaanse verse en Gedigte

Posted on March 9, 2020March 9, 2020 by admin — Leave a comment

Alles wat ek nodig het

“Alles wat ek nodig het is alreeds in my …
ek het vlerke om aan my verbeelding te heg
en meer as genoeg sterre om teen ‘n blou nag te veg
ek het ‘n sekelmaan om na heen te gaan”
©Sonja Peacock

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paper mache
Tags: afrikaanse verse, Art dolls, kort gedagtes Afikaans, paper clay, paper mache
Posted on February 10, 2020October 5, 2020 by admin — Leave a comment

In die verte

“in die verte skitter 
blink die hunkering
by my voete ontwaak
dit wat my hart aanraak”
©Sonja Peacock

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paper mache
Tags: afrikaans, afrikaanse kort verse, afrikaanse verse en gedigte, art doll, paper clay, papermache
Posted on January 10, 2020January 10, 2020 by admin

Mamma

“Mamma
in my hart hang ‘n prentjieraam    
van ons twee saam
met mamma se liefde
wat my oral vergesel
in elke tree
wat ek vorentoe gee”
©Sonja Peacock

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paper mache
Tags: afrikaans, afrikaanse verse, Ma, Mamma, Paperclay, papermache
Posted on January 10, 2020January 10, 2020 by admin

Swaar is haar kroon

“Swaar is haar kroon
Maar tog …
tog … dra sy dit soos ‘n veer
met krag in haar hart
en die determinasie in haar oë
die wil om te oorleef wat in haar siel kom woon
is sy
‘n kampioen
‘n vegter
‘n vrou
‘n koningin”
©Sonja Peacock

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paper mache
Tags: afrikaans, afrikaanse gedigte, afrikaanse verse en gedigte, paper clay, paper mache, vrou, vrouwees
Posted on January 10, 2020January 10, 2020 by admin

Pa

“Pa jy bou my nes
met raad en draad
jy los my in die lug
met net geloof as sig
dan sweef ek ‘n arendsvlug
op jou gewig”
©Sonja Peacock

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paper mache
Tags: afrikaans, afrikaanse verse en gedigte, pa, pa kort gedig, paper clay, paper mache
Posted on January 10, 2020January 10, 2020 by admin

En skielik weet jy

“en skielik weet jy
die grootste werk 
wat jy ooit kan doen
is binne die mure
van jouself “
©Sonja Peacock

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paintings
Tags: afrikaanse verse en gedigte, kort verse in afrikaans, paintings, vrouens
Posted on January 10, 2020January 10, 2020 by admin

Dis tyd om weer te glo

“Dis tyd om weer te
glo in die mooi
van jou drome”
©Sonja Peacock

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paintings
Tags: afrikaans, afrikaanse verse en gedigte, Kort verse, paintings
Posted on January 10, 2020January 10, 2020 by admin

Die afbreek van my mure

“die afbreek van my mure
 bepaal die groei van my siel”
©Sonja Peacock

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paintings
Tags: afrikaans, afrikaanse verse en gedigte, Kort verse, paintings
Posted on January 10, 2020January 10, 2020 by admin

Jy moet plant

“Jy moet plant
sodat jou hart
kan groei”
©Sonja Peacock

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paintings
Tags: afrikaanse gedigte, afrikaanse kort verse
Posted on December 16, 2019January 10, 2020 by admin — Leave a comment

Liefde net liefde

ek het haar gevra: 
“hoe bly jy so hoog in die lug
in hierdie donker vlug? 
hoe dra jy jou olyftak
met soveel swier in
‘n lang gang sonder plesier?”
… en sy het vir my gesê:
“Liefde,
net liefde wat my
so hoog kan oplig!”
©Sonja Peacock

 

Categories: Afrikaanse verse en Gedigte, Paintings
Tags: afrikaanse verse en gedigte, kort verse in afrikaans, liefde, olyftak, vlug

Posts navigation

  • 1
  • 2
  • …
  • 5
  • Next
Quick Links

Privacy Policy

Terms and Conditions

Refund Policy

About Me

Sun Art Covid 19 Update
Related Websites

Sun Art Blog

Sun Art Illustrations & Inspirations

Get in Touch

Email: info@sunart.co.za

Follow Us
Follow Us on FacebookFollow Us on TwitterFollow Us on PinterestFollow Us on Instagram
© Sun Art 2019 | All Rights Reserved
  • My Account
  • Search
  • Cart 0