“Dankbaarheid soek net ‘n opening om in te glip sodat dit jou siel so groot kan rek dat vreugde daarin pas.” ©Sonja Peacock
“Hier lê my woorde ter ruste gelê in die bak van my hemel ‘n sopkombuis waar ‘n karneval van papier gebeur” ©Sonja Peacock
“Ek het jou koningin genoem. Daar is langer as jy, langer. Daar is reiner as jy, reiner. Daar is mooier as jy, mooier. Maar jy is die koningin.” ~Pablo Neruda~
“Hoe vind ek my vlerke?”, het ek haar gevra. En sy het haar vlerke gefladder totdat dit geglinster het in die son, en toe gesê: “Jy moet so graag wil vlieg dat dit jou wil om te bly moet oorskry.” ©Sonja Peacock
“ek sit jou in my somer neer sodat as jou storm kom jy my weer gaan vind …my kind” ©Sonja Peacock
“ek word weer sag as jou oë my dagbreek oopmaak met jou onskuld. Jy maak my hart ‘n tuin” ©Sonja Peacock
In jou hart breek ‘n rivier jou saffiere oop vir sier op jou oorwinningskroon ©Sonja Peacock
Die son bring geel ryp gerwe vir jou van sy land Bring jou droom en gee jou kant ©Sonja Peacock