“en skielik weet jy
die grootste werk
wat jy ooit kan doen
is binne die mure
van jouself “
©Sonja Peacock
“Dis tyd om weer te
glo in die mooi
van jou drome”
©Sonja Peacock
“die afbreek van my mure
bepaal die groei van my siel”
©Sonja Peacock
“Jy moet plant
sodat jou hart
kan groei”
©Sonja Peacock
ek het haar gevra:
“hoe bly jy so hoog in die lug
in hierdie donker vlug?
hoe dra jy jou olyftak
met soveel swier in
‘n lang gang sonder plesier?”
… en sy het vir my gesê:
“Liefde,
net liefde wat my
so hoog kan oplig!”
©Sonja Peacock
“Ons is vir mekaar
splinter stukkies inkyk
op omblaai papiere.
gister se groot onttroon as
strome breek in riviere
en word dan nederig sag
in die ontbloting
van oggend bloeisels
en genade suiwering
wat in oomblikke uitkring”
©Sonja Peacock
“jou uniekheid
rondomtalie op
sterkte se vlerke rond”
©Sonja Peacock
Aanmekaar getimmer
met sterkwees en gom
self al sou hierdie dag
uitloop op sy kop dan
sal jy nogtans
staan en blom
©Sonja Peacock
“daar is niemand op hierdie
aardbol wat meer jyer as jy
kan wees nie …
so omarm jou enigheid
dans met jou skete
en weet dat niemand anders
op die aardbol ooit
soos jy kan wees nie!”
©Sonja Peacock
Sy het geblom
ongeag sy water
ongeag sy lig
ongeag sy bestaan
nogtans het sy geblom
©Sonja Peacock