Posted on

Woordetuin

Vanoggend is ‘n pad in my woordetuin
‘n verbale kleurspel wat geil gedy
Die malvas bou lande al om die pot se rand
‘n paar sonneblomme toring woorde
in die sonlig se kant
Magrietjies in bont potte
Amarillas en clivias, petunias en viooltjies
rangskik reënboë teen die grondwalletjies
Namakwaland daisies, klein pienk rosies
geel krisante en geverfde irisse
hang herinneringe en sterre in mense se oë
die blommetaal breek sy koninkryk oop:
genadiglik, weelderig en hoopvol
in liefde se hand
want ons is almal gebreekte sonsoekers
in hierdie land
©Sonja Peacock

Art illustration on paper
Posted on Leave a comment

Swaar is haar kroon

“Swaar is haar kroon
Maar tog …
tog … dra sy dit soos ‘n veer
met krag in haar hart
en die determinasie in haar oë
die wil om te oorleef wat in haar siel kom woon
is sy
‘n kampioen
‘n vegter
‘n vrou
‘n koningin”
©Sonja Peacock

Swaar is haar kroon