“en skielik weet jy
die grootste werk
wat jy ooit kan doen
is binne die mure
van jouself “
©Sonja Peacock
“Dis tyd om weer te
glo in die mooi
van jou drome”
©Sonja Peacock
“die afbreek van my mure
bepaal die groei van my siel”
©Sonja Peacock
“jou hart is ‘n sonneblom
jou vlerke ‘n simfonie
jou hoop ‘n heiligdom
Jy sal soos die lente groei
as die son kom”
©Sonja Peacock
En skielik weet jy dis tyd
om iets nuuts te begin
en jy vertrou die wonder
want vandag sal ‘n nuwe
son op die horison verskyn
©Sonja Peacock
“ek sal my vrede dra
soos ‘n kroon
ek sal my oë met
blomme beloon”
©Sonja Peacock
die dag dans
in mallemeule kleure
voor jou deur …
skreeu: “sit op jou kroon en kom saam,
jy is ‘n belangrike eregas
in hierdie dag se dans!”
©Sonja Peacock
“verhef my salig lot in wit papier
rank my towering rooi
los die somer weer hier
as die winde storm strooi
op my verduur”
©Sonja Peacock
sy is ‘n koningin
nie dat jy dit kan sien met die blote oog
maar eerder in hoe haar houding
oor trappe van ruines
en verlate gisters drapeer
en soos ‘n rooi tapyt gebeur
©Sonja Peacock
“Stop!
Stop en staan stil en kyk
hoe klein wonderwerke elke liewe dag
voor jou deur gebeur!”
©Sonja Peacock