“Alles wat ek nodig het is alreeds in my …
ek het vlerke om aan my verbeelding te heg
en meer as genoeg sterre om teen ‘n blou nag te veg
ek het ‘n sekelmaan om na heen te gaan”
©Sonja Peacock
“Swaar is haar kroon
Maar tog …
tog … dra sy dit soos ‘n veer
met krag in haar hart
en die determinasie in haar oë
die wil om te oorleef wat in haar siel kom woon
is sy
‘n kampioen
‘n vegter
‘n vrou
‘n koningin”
©Sonja Peacock
“Pa jy bou my nes
met raad en draad
jy los my in die lug
met net geloof as sig
dan sweef ek ‘n arendsvlug
op jou gewig”
©Sonja Peacock