Skip to navigation Skip to content
Sun Art
  • Home
  • Products
    • Art Dolls
    • Bags, Brooches & Others
    • Paintings
    • Wall Plaques
  • Afrikaanse verse en Gedigte
  • Cart
  • Contact Us
  • Home
  • Products
    • Art Dolls
    • Bags, Brooches & Others
    • Paintings
    • Wall Plaques
  • Afrikaanse verse en Gedigte
  • Cart
  • Contact Us
  • R0.00 0 items
Home / Posts tagged “woman”

Tag: woman

Posted on May 4, 2022May 4, 2022 by admin

In jou klein hand

In jou klein hand
lê my groot behoud
jy bou vir my vlerke
vir elke berg
jy hys seile in my nood
jy span nette om die seer
van my weg te keer
en dan word jou hande my kraal
jou vrede my vesting
jou gebed my toevlugsoord
©Sonja Peacock – 2018

Acrylics and mixed media on paper
Category: Afrikaanse verse en Gedigte
Tags: afrikaans, afrikaanse kort verse, afrikaanse kort versies, afrikaanse verse en gedigte, gedigte, illustrations, paintings, woman
Posted on May 4, 2022May 4, 2022 by admin

Jy was vir my

Jy was vir my ‘n granaat rooi
onder my wal van vergruis
Jy’t my hart vertroos
met jou purperlied
en ‘n handvol hoop
vir my saamgebring op jou
gebreekte skip

uit gedig: Jy was vir my ©Sonja Peacock

Mixed Media on paper
Category: Afrikaanse verse en Gedigte
Tags: afrikaans, afrikaanse kort verse, afrikaanse kort versies, afrikaanse verse en gedigte, gedigte, illustrations, Kort verse, paintings, woman, women
Posted on May 4, 2022May 4, 2022 by admin

Ek is blou

Ek is blou
waterwasem
teen die nagster
se binnekant
My verf loop oor
jou sag se vêr
Ek wil jou vergeet
in geel okkerneut
en jou los laat
in ‘n ander land
se herfshand
©Sonja Peacock

mixed media on paper
Category: Afrikaanse verse en Gedigte
Tags: afrikaans, afrikaanse kort verse, afrikaanse kort versies, afrikaanse verse en gedigte, gedigte, illustrations, Kort verse, paintings, woman, women
Posted on October 2, 2021May 4, 2022 by admin — Leave a comment

Stilwees

“ek het geleer

dat my stilwees ook

‘n stem is”

©Sonja Peacock

“Ek het geleer dat my stilwees ook ‘n stem is”
Category: Afrikaanse verse en Gedigte
Tags: acrylic paintings, afrikaanse kort verse, afrikaanse kort versies, gedigte, illustrations, Kort verse, woman, women
Posted on October 2, 2021February 24, 2022 by admin — Leave a comment

Jou huis

“Jou huis is

die woorde

wat jy spreek”

©Sonja Peacock

Category: Afrikaanse verse en Gedigte
Tags: acrylic paintings, afrikaanse kort verse, afrikaanse kort versies, gedigte, illustrations, Kort verse, woman, women
Posted on October 2, 2021February 24, 2022 by admin — Leave a comment

Jy kan nie jou geluk

“Jy kan nie jou geluk

in ‘n ander se tuin gaan pluk nie.

Plant jou eie blomme en

oes jou vreugde daarvan.

Daar lê jou geluk.”

©Sonja Peacock

Jou geluk
Category: Afrikaanse verse en Gedigte
Tags: acrylic paintings, afrikaanse kort verse, afrikaanse kort versies, gedigte, illustrations, Kort verse, woman, women
Posted on October 2, 2021February 24, 2022 by admin — Leave a comment

Kom bietjie nader

“Kom bietjie nader aan jouself,

daar is meer as genoeg spasie”

©Sonja Peacock

Category: Afrikaanse verse en Gedigte
Tags: acrylic paintings, afrikaanse kort verse, afrikaanse kort versies, gedigte, illustrations, Kort verse, woman, women
Posted on October 2, 2021February 24, 2022 by admin — Leave a comment

Luister

“Luister hoe stilte

vir jou die

antwoorde bring”

©Sonja Peacock

“Luister hoe stilte vir jou die antwoorde bring”
Category: Afrikaanse verse en Gedigte
Tags: acrylic paintings, afrikaanse kort verse, afrikaanse kort versies, gedigte, illustrations, Kort verse, woman, women
Quick Links

Privacy Policy

Terms and Conditions

Refund Policy

About Me

Related Websites

Sun Art Blog

Sun Art Illustrations & Inspirations

 

Get in Touch

Email: info@sunart.co.za

Follow Us
Follow Us on FacebookFollow Us on TwitterFollow Us on PinterestFollow Us on Instagram
© Sun Art 2019 | All Rights Reserved
  • My Account
  • Search
  • Cart 0